Sunday, 20 May 2012

SOOISPIT SAAM MET DIE KOEVOETBOND



Breëbors. Beginselvas. Broederskap. Dít is die gedagtes wat deur my kop flits toe ek die bonkige skouers in die donkerblou baadjies sien, Koevoetbondwapen op die sak. Die manne staan in `n groep in die skadu van die Voortrekkermonument en gesels. Met die naderstap word my vermoedens bevestig. Die groot hande druk stéwig en dit is oë wat `n bars kan kyk. Nie manne met wie mens mors nie.

Die omspit van die eerste sooi vir die Koevoet Muur van Herinnering is `n rare en geskiedkundige geleentheid wat deur ongeveer drie en twintig ou-Koevoetlede bygewoon word. Verskeie eregaste is ook teenwoordig, onder andere Genl. Hans Dreyer en sy eggenote, Genl. maj Gert Opperman en Leon Bezuidenhout, mede-skrywer van Skadu`s in die sand.



Ons kom byeen in die saal. Paul Fouché heet almal welkom en gesels oor die Koevoetbond en die standbeeld wat deur beeldhouer Brahm van Zyl geskep is. (Hy was ook ontwerper van die dierestandbeelde by Sun City). Twee honderd en vyftig van die beeldjies word gegiet en die fondse gaan aangewend word om dieselfde beeld lewensgroot by die Koevoet Muur van Herinnering op te rig. Elke beeld word genommer en die handtekening van die beeldhouer verskyn daarop.
Genl. Dreyer praat met trots van Koevoet se suksesverhale en onvergelyklike aantal “kills”. Hy vertel van die eerste maal toe `n .50 op `n Casspir gemonteer is, en hoe, tydens `n kontak, die “gunner” toe `n landmyn tref op een van die vlugtende soldate se rug. Die landmyn het gedetoneer en die “gunner” se woorde daarna was klassiek: “Jirre maar hierdie gun kan skiet!”  Die Koevoetlede lag uit hulle maag. Volgens inligting van die Koevoetbond was Koevoet vanaf 1979- 1989 verantwoordelik vir meer as 3681 van SWAPO PLAN ongevalle.
Tipies van die Koevoete is daar oorgenoeg te ete en drinke.
“Hoe het die drome van `n Koevoet Muur van Herinnering tot stand gekom?” vra ek aan Pine Pienaar, lid van die komitee. “Dis `n lang storie,” sê Pine. “Ek, Tony da Costa en Herbert Tietz het maar die ding lewendig gehou, van die eerste Koevoetbond gevou het. So drie jaar gelede het ons die Koevoetbond weer van die grond af gekry. Ons het doelwitte gestel, jy weet. Soos Eugene de Kock, om te kyk hoe ons kan bydra met wat hy nodig het, en vir wanneer hy uitkom. En soos nou, met Frank Young”.
Hy skep asem. “Jy weet, al die name van polisiemanne wat op die grens gesneuwel het, wat by die Polisiekollege op was, is mos verwyder. Toe het die hele idee van die Koevoet Muur van Herinnering `n werklikheid begin word. Paul Fouché is projekbestuurder vir die Muur”.




Dan is dit tyd om na die Tuin van Beelde te beweeg, daar waar die nuwe staanplek van die Koevoet gedenkteken sal wees. Die prosessie beweeg stadig met die klippaadjies langs, na `n ongebruikte stuk veld met `n lieflike uitsig na die noorde van Pretoria. Ook Sisingi Kamongo is daar, met Petrus wat sy rolstoel hanteer. Sonja Lombard, besturende direkteur van die Voortrekkermonument, loop voor.



`n Paar woorde word kortliks gewissel. Genl Dreyer neem die graaf op en druk hom flink in die harde bosveldgrond. Die grond is droog, stowwerig. Rondom hom  in `n halfsirkel staan sy manne. Ek verbeel my hulle net so staan, in `n tyd en in `n ander land, lank gelede. Sisingi (Shorty), Petrus, Absalom en Sakkie skuif nader aan mekaar en sing. Wamboranta oshirongo si, o Wamboranta wen je. Ek kyk na hulle oë. Die sang neem hulle na hulle grootwordplek, die plek waar hulle soldate en manne geword het. Elke oud-Koevoet teenwoordig loop vol met herinneringe.

Op pad terug wil ek met Shorty gesels.
“Nee, nie nou nie,” beduie hy met sy oë op Genl. Dreyer se rug. “Ek wil eers met die Generaal gesels.”
Genl. Dreyer en sy vrou gaan staan stil êrens op `n klippaadjie, soek in hulle sakke rond. Hy draai om en druk `n paar R100-note in Shorty se hand.
“Gaan drink julle manne iets hiermee,”sê hy. Die manne se oë blink. Hulle gesels met hulle Generaal.
Die terugtog na die onthaalsaal is plesierig, want daar is drinkgoed beskikbaar en nog van die vingerkos. Oral is die Afrikaner- en Trekkergeskiedenis sigbaar in die dekor van die sale – geroeste blikbekers en –borde, oorblyfsels van implemente wat nou as blombakke ingespan word.  
Buite drink die ouens Red Heart en Windhoek. Die atmosfeer raak gemoedelik, daar is ou en nuwe stories om te vertel. Die lewe het aangegaan. Ek kyk rond. Ouer, gryser, miskien nie meer so fiks nie. Maar binne-in: dáár bly hulle soldaat.
Gedeeltelik as gevolg van Shorty en Leon se boek, is daar hernieude belangstelling in die Koevoet broederskap, wat vlamvat in die sooispit geleentheid vandag. Beide Pine, Tony, Herbert en nou ook Paul offer geweldig baie van hulle persoonlike tyd op om die Bond te vestig en te bestuur tot voordeel van al die lede. Die bosoorlog is verby, maar die 
kameraadskap van oorlog bly in die bloed.

“It`s a little fucked up, ain`t it, Colonel Tom?”
“Yeah, it`s a little fucked up. But it`s the way we`re going to do this.”
Night Train, Martin Amis
(Aanhaling geleen uit Eugene de Kock se boek: A long night`s damage.)

Sunday, 6 May 2012

RAW REALITY






LOERIESFONTEIN POLISIESTASIE




KAPTEIN DUPIE


LOERIESFONTEIN SAP – HANTAM.
27 APRIL 2012
*Loeriesfontein polisiestasie.
.
....
“Die verste punt wat ons gebied strek, is so 130km hiervandaan,” se Dupie. Hy vat `n sluk Castle Light. 
“Het die plek `n naam?” vra ek.
Vyf van ons leun met ons elmboë op die toonbank van die Malalla Gastehuis se pub. Die kroeg strek in `n halfsirkel oor driekwart van die vertrek. Kaptein André du Plessis is lank en aantreklik, met oë so blou soos die Namakwalandlug op `n helder dag. Sutherlandse Afrikaans.
“Hoe lank is julle al in Loeriesfontein?” wil Lorinda weet.
“Sewentien jaar al,” antwoord Dupie. “Maar misdaad hier by ons lyk baie anders as in die stad.”
“Hoe so?”
“Hier het ons wat ons noem sosiale misdaad. Drankmisbruik is die grondoorsaak. Hier is gesinsgeweld, wat insluit aanranding, viktimisering en crimen injuria. Huisbraak is minimaal en gewoonlik gekoppel aan dwelm- en drankmisbruik.”
“En plaasmoorde?” vis ek uit.
Dupie lag lekker. “Nee wat,” se hy. “Veediefstalle hier is net vir `potslag`” (iets vir die pot). 


“Hulle noem my mos `Mevrou Kaptein` in die dorp”, lag Maryke. Sy skink ons glase hoogvol Baileys. “En ons het tot eenkeer `n `gifmoord` gehad. Stil Kallie. Hy het stragnien ingekry.”
“Nou hoeveel personeel het jy hier?” vra Larry.
“Ons is so 30 mense by die stasie. Dit sluit nou klerke, studente, alles in. In 1995 was ons maar tien mense. En nou moet jy weet, ons gebied beslaan 9060 vierkante kilometer.”
“Dupie-hulle het dag en nag gewerk,” tjip Maryke in. “En as polisieman is hy alles: dokter, sielkundige, onderwyser...hy is heeltyd involved in almal se lewens.”
“Die ding wat my eerste opgeval het, is hoe ontsettend netjies die stasie is,” merk Larry op en maak sy Hansa klaar.

Dupie glimlag. “Elke Vrydag het ons `cleaning day`.Die ouens wat Vrydag op diens is, trek civvies aan en elkeen het `n sekere gebied om skoon te maak – support, detectives en vispo. Jaaa...” Hy sug en kyk af. Ek het al baie snaakse dinge in hierdie dorp gesien. Mens kan nie oor alles praat nie.”

Waarvoor word die lesinglokaal nou gebruik?” kry ek `n laaste vraag in.
“FAMSA (Family and Marriage Association of South Africa), is saam met gemeenskapslede betrokke by die identifisering van probleemareas in ons dorp. Die gemeenskapslede word dan saam met polisiemanne opgelei deur FAMSA om betrokke te raak by opheffingsprojekte in Loeriesfontein. Dinge soos basiese menseregte, respek, jy weet, die klas van ding. “
Die blou oe is ernstig. “Ons wil `n verskil maak hier. Al is dit net aan een mens op `n slag. Ja, mens wil `n verskil maak.”

Wednesday, 4 April 2012

Roadtrip

Verby Slingerfontein Witput en Brandvlei
deur hotnotsnot en gousblom
verby die ouvroukind sonder taal
my bors ruk oop en span `n koepel
kantel in die aarde terug welbehaaglik
keer terug as dorper, gorra en kokerboom
die lug is puur jonggras
haar aorta klop afrika-afrika
kwesbaar soos `n vuis
upington olifantshoek rooisand en roadkill
in die mik van haar bene `n versamelnes
warm soos `n jong voëltjie
once upon a time was daar `n draadengel
en `n lug vol helder wolke
bikergirl hippie vroedvrou en hoer
vrugbaar soos `n plaasdam in die reëntyd
skaapwêreld weskusklong weer op pad
om die wêreld om haar vinger
te draai

Bodily speaking

1.    i long for colour laughing
juices from my fingertips
no feeble washes rather
the strong stubborn stroke
a bold cut over virgin
canvas the pigment
of desire is
within


2.    i long for the intimacy of
a slow indian summer
sun kissing skin
uninhibited courtyards
veiled afternoons
stained with doves


3.    footsteps like petals through
long cool passages
open doors
drowsy rooms speckled skin
pillows plump with sleep
a mirror
reminiscing 

E tempu pra voce ko me sa tu a vida: it is time to start his own chapter in life


Tears have a way of retreating and raining down the inside of your body, I soon discovered. Too soon. And now I`m not speaking of  the extreme type of tears, doused in trauma and blood, but the softer, shakier type, the ones you discover inside yourself upon having children.
He was born two weeks early. A mewling piglet, a red and blue baby dumpling suckling like a pro from the start.
And last night, twenty years on, he held a banquet for eighteen friends and loved ones. The room decked in red and white and silver candle holders. Smiles and cheers and love and music. A red headed boy working with his blonde sidekick to plate up ambrosia, the menu planned a week in advance and tested on family members.
My fork melts into the hare pie prepared so precisely. A bit of my heart starts leaking. The taste of beetroot coulis makes my palate bleed. Black and white chocolate mousse ice cream, cut into delicate wheels of delight, makes me choke on tears.  E tempu pra voce ko me sa tu a vida. The taste of my child is within.

Travelled this morning



travelled this morning through a landscape
criss-crossed with ley
my body humming as
trees knelt in the
soft first light
shadows of silence
roaming our tracks
and I could believe
foolishly so, that
you will follow my scent


Wanderer

The soul of a sailor, you say
and the words, salty on your tongue
spill into my dreams
i can breathe underwater
rush of indigo and slivers
of sun sweet memories
-the more you live the less you die -
womanfish with skin of a
thousand patterned mirrors
blinking fair winds and tall ships
and freedom and forgetting
and how the world feels to us
swimming gypsy free priest wanderer
hooligan fey facing stern
sailor soul and a canvas of dreams
and you

For my children



  • You are a river of
    words beneath my skin
    the gasp before a wave strikes
    languid as sun on my knees
    my arms have become an ancient cradle

    Man is the son of heaven
    and woman will inherit the earth
    off you go, my children
    and don`t look back
    there is but hollow memories
    of love, decay and
    forgetting

Visit to Vingerkraal


Hot, red and dusty. We looked at each other and laughed. The dirt road to Vingerkraal was not going to give us any respite. Larry and I were to spend a few days with Theresia, Regina, Christina and Faustimus Maronga. The visit taught us valuable lessons, such as that in any community, however under stress, there can still be dignity, educated conversations and hospitality of the highest level.
Vingerkraal farm is home to a couple of thousand residents, consisting of ex-Koevoet policemen and their families. They are originally from Namibia. Both Larry and I, during our visits, experienced them as a displaced group or a lost tribe, caught between their violent past and an unforgiving and exciled present. The farm is situated about 30km from Bela Bela on the road to Thabazimbi.
Their socio-economic situation is a dire one. They receive small pensions but have been written off by both the Namibian and South African governments, because of their alliance with the S.A. Police Force during the bush war. At present they are living with little water, no electricity and without sanitation. Having said that, we were impressed with the orderly state of living. The Vingerkraal residents have a hierarchy of power, in which the Headman, Lourens, makes the important decisions, such as allocating new stands for houses, etc. Their corrugated iron houses are well tended to and a sense of empathy abounds as widows and orphans are cared for.
Leon Bezuidenhout, co-writer of the book Shadows in the Sand, with Sisingi Kamongo (an ex-Koevoet policeman who was injured during the war), has been making a concerted effort to place the spotlight on the plight of these people. Through their efforts, help on various levels has been elicited.
Just one example: during July 2010, due to alleged illegal fire breaks by neighbouring game lodges, eleven children burned to death and seven other were severely injured. These burn victims need special care but in debilitating circumstances such these as stated above, such care proves to be particularly burdensome. We met Joseph, a sixteen year old with severe scarring to his face, arms and legs. So many ways in which one can be sixteen, I thought as I remembered my own sixteen year old daughter at home, facing a totally different future from the youngster in front of us. We spent a few hours together, listened to Dolly Parton (his favourite music) and laughed at life.
This is a group with varied needs. In the bigger picture, they are in need of jobs and sustainable living conditions, with access to water and electricity. In the interim, their situation is quite desperate, and any clothing, blankets, foodstuff and medicines will be much valued.
Any assistance would be highly appreciated.
The person to contact is Mr Leon Bezuidenhout at 0823260405, or at leon@mboneni.co.za

Eenmaal `n Takie, altyd `n Takie


EENMAAL `N TAKIE, ALTYD `N TAKIE

Witbank Skydiving klub, Saterdag 4 Februarie. `n Groep oud-Taakmaglede en `n paar vriende kom bymekaar, sommige om te spring, ander om gholf te speel. Die derde groep, met onder andere Larry Hanton  en Roelf Pretorius, maak seker dat die “Skydive Inn” se voorraad Hansas en Castles `n ernstige terugslag beleef. Natuurlik kon die manne weer “drinking coins” aanskaf by Koos (daar loop `n gerug dat Larry syne vir R5 verkwansel het by die Taakmag 35 jaar reunie...). Herhaaldelik probeer Genl Mike Fryer vroeg spaander, om net weer deur die manne voorgelê te word.
Twee vriende van die Takies, Anemari en Carina, doen tandemspronge wat deur Jason Richardson van die klub gereël is. In haar woorde:
DIE EERSTE KEER
Corné (24 jaar in die lugmag) “brief” vir my en Carina, en daarna is ons met die tweede vlug op, blou overalls aan. Hy sing vir my “Anemari my skat” en ander songs terwyl ons vlieg. Ons is agt in die vliegtuig en sit tussen mekaar se bene. Met die inklimslag maak Corné my by die heupe aan hom vas. Ek sit naaste aan die deur en kan die wêreld wat al hoe verder wegtrek deur `n spleet beskou. Op sy altometer sien mens hoe ons vorder ... 0,9 voet, 2000 voet, 5000... Op 8000 voet word ek vir die eerste maal benoud. Corné maak ons aan die regter en linkerskouer vas. Sit `n plastiese bril op en hou Caryn se been vas. Toe is ons op 10 000 voet. Die deur gaan oop en ek skrik my in `n stilstand in. Yskoud en móérrr hoog!!! Maar daar is geen omdraai nie. Drie ouens klim oor my. Toe swaai ek my bene oor. “Onthou die piesang maak met jou lyf, skop sy boude...” wil ek nog dink toe is ek en Corné in vryval. Dit was verskriklik en `n “rush” soos nog niks anders nie, gelyk. Ek skrik weer toe die valskerm oopgaan...en toe die stilte ... vry ... vry ... en ek moet beheer, en draaie maak, en rondkyk ... en toe is die grond dáár, “flare”, bene op, land op die boude, veilig. Wow. Wow.
Groot dank aan Fanie Jacobs vir die reël van die dag, Jason Richardson en aan almal wat daar was en die dag onvergeetlik gemaak het. EENMAAL `N TAKIE ALTYD `N TAKIE.

Eenmaal `n Takie, altyd `n Takie


EENMAAL `N TAKIE, ALTYD `N TAKIE

Witbank Skydiving klub, Saterdag 4 Februarie. `n Groep oud-Taakmaglede en `n paar vriende kom bymekaar, sommige om te spring, ander om gholf te speel. Die derde groep, met onder andere Larry Hanton  en Roelf Pretorius, maak seker dat die “Skydive Inn” se voorraad Hansas en Castles `n ernstige terugslag beleef. Natuurlik kon die manne weer “drinking coins” aanskaf by Koos (daar loop `n gerug dat Larry syne vir R5 verkwansel het by die Taakmag 35 jaar reunie...). Herhaaldelik probeer Genl Mike Fryer vroeg spaander, om net weer deur die manne voorgelê te word.
Twee vriende van die Takies, Anemari en Carina, doen tandemspronge wat deur Jason Richardson van die klub gereël is. In haar woorde:
DIE EERSTE KEER
Corné (24 jaar in die lugmag) “brief” vir my en Carina, en daarna is ons met die tweede vlug op, blou overalls aan. Hy sing vir my “Anemari my skat” en ander songs terwyl ons vlieg. Ons is agt in die vliegtuig en sit tussen mekaar se bene. Met die inklimslag maak Corné my by die heupe aan hom vas. Ek sit naaste aan die deur en kan die wêreld wat al hoe verder wegtrek deur `n spleet beskou. Op sy altometer sien mens hoe ons vorder ... 0,9 voet, 2000 voet, 5000... Op 8000 voet word ek vir die eerste maal benoud. Corné maak ons aan die regter en linkerskouer vas. Sit `n plastiese bril op en hou Caryn se been vas. Toe is ons op 10 000 voet. Die deur gaan oop en ek skrik my in `n stilstand in. Yskoud en móérrr hoog!!! Maar daar is geen omdraai nie. Drie ouens klim oor my. Toe swaai ek my bene oor. “Onthou die piesang maak met jou lyf, skop sy boude...” wil ek nog dink toe is ek en Corné in vryval. Dit was verskriklik en `n “rush” soos nog niks anders nie, gelyk. Ek skrik weer toe die valskerm oopgaan...en toe die stilte ... vry ... vry ... en ek moet beheer, en draaie maak, en rondkyk ... en toe is die grond dáár, “flare”, bene op, land op die boude, veilig. Wow. Wow.
Groot dank aan Fanie Jacobs vir die reël van die dag, Jason Richardson en aan almal wat daar was en die dag onvergeetlik gemaak het. EENMAAL `N TAKIE ALTYD `N TAKIE.
 

Lorem

Categories

Some Links