LOERIESFONTEIN
SAP – HANTAM.
27
APRIL 2012
*Loeriesfontein
polisiestasie.
.
....
“Die verste punt wat ons gebied strek, is so 130km
hiervandaan,” se Dupie. Hy vat `n sluk Castle Light.
“Het die plek `n naam?” vra ek.
Vyf van ons leun met ons elmboë op die toonbank van die
Malalla Gastehuis se pub. Die kroeg strek in `n halfsirkel oor driekwart van
die vertrek. Kaptein André du Plessis is lank en aantreklik, met oë so blou
soos die Namakwalandlug op `n helder dag. Sutherlandse Afrikaans.
“Hoe lank is julle al in Loeriesfontein?” wil Lorinda
weet.
“Sewentien jaar al,” antwoord Dupie. “Maar misdaad hier
by ons lyk baie anders as in die stad.”
“Hoe so?”
“Hier het ons wat ons noem sosiale misdaad. Drankmisbruik
is die grondoorsaak. Hier is gesinsgeweld, wat insluit aanranding,
viktimisering en crimen injuria. Huisbraak is minimaal en gewoonlik gekoppel
aan dwelm- en drankmisbruik.”
“En plaasmoorde?” vis ek uit.
Dupie lag lekker. “Nee wat,” se hy. “Veediefstalle hier
is net vir `potslag`” (iets vir die pot).
“Hulle noem my mos `Mevrou Kaptein` in die dorp”, lag
Maryke. Sy skink ons glase hoogvol Baileys. “En ons het tot eenkeer `n `gifmoord`
gehad. Stil Kallie. Hy het stragnien ingekry.”
“Nou hoeveel personeel het jy hier?” vra Larry.
“Ons is so 30 mense by die stasie. Dit sluit nou klerke,
studente, alles in. In 1995 was ons maar tien mense. En nou moet jy weet, ons
gebied beslaan 9060 vierkante kilometer.”
“Dupie-hulle het dag en nag gewerk,” tjip Maryke in. “En
as polisieman is hy alles: dokter, sielkundige, onderwyser...hy is heeltyd
involved in almal se lewens.”
“Die ding wat my eerste opgeval het, is hoe ontsettend
netjies die stasie is,” merk Larry op en maak sy Hansa klaar.
Dupie glimlag. “Elke Vrydag het ons `cleaning day`.Die
ouens wat Vrydag op diens is, trek civvies aan en elkeen het `n sekere gebied
om skoon te maak – support, detectives en vispo. Jaaa...” Hy sug en kyk af. Ek
het al baie snaakse dinge in hierdie dorp gesien. Mens kan nie oor alles praat
nie.”
“FAMSA
(Family and Marriage Association of South Africa), is saam met gemeenskapslede
betrokke by die identifisering van probleemareas in ons dorp. Die
gemeenskapslede word dan saam met polisiemanne opgelei deur FAMSA om betrokke
te raak by opheffingsprojekte in Loeriesfontein. Dinge soos basiese menseregte,
respek, jy weet, die klas van ding. “
Die blou oe
is ernstig. “Ons wil `n verskil maak hier. Al is dit net aan een mens op `n
slag. Ja, mens wil `n verskil maak.”
1 comments:
Dankie Zari - dit beteken vir my baie!!
Post a Comment