Sunday, 20 May 2012

SOOISPIT SAAM MET DIE KOEVOETBOND



Breëbors. Beginselvas. Broederskap. Dít is die gedagtes wat deur my kop flits toe ek die bonkige skouers in die donkerblou baadjies sien, Koevoetbondwapen op die sak. Die manne staan in `n groep in die skadu van die Voortrekkermonument en gesels. Met die naderstap word my vermoedens bevestig. Die groot hande druk stéwig en dit is oë wat `n bars kan kyk. Nie manne met wie mens mors nie.

Die omspit van die eerste sooi vir die Koevoet Muur van Herinnering is `n rare en geskiedkundige geleentheid wat deur ongeveer drie en twintig ou-Koevoetlede bygewoon word. Verskeie eregaste is ook teenwoordig, onder andere Genl. Hans Dreyer en sy eggenote, Genl. maj Gert Opperman en Leon Bezuidenhout, mede-skrywer van Skadu`s in die sand.



Ons kom byeen in die saal. Paul Fouché heet almal welkom en gesels oor die Koevoetbond en die standbeeld wat deur beeldhouer Brahm van Zyl geskep is. (Hy was ook ontwerper van die dierestandbeelde by Sun City). Twee honderd en vyftig van die beeldjies word gegiet en die fondse gaan aangewend word om dieselfde beeld lewensgroot by die Koevoet Muur van Herinnering op te rig. Elke beeld word genommer en die handtekening van die beeldhouer verskyn daarop.
Genl. Dreyer praat met trots van Koevoet se suksesverhale en onvergelyklike aantal “kills”. Hy vertel van die eerste maal toe `n .50 op `n Casspir gemonteer is, en hoe, tydens `n kontak, die “gunner” toe `n landmyn tref op een van die vlugtende soldate se rug. Die landmyn het gedetoneer en die “gunner” se woorde daarna was klassiek: “Jirre maar hierdie gun kan skiet!”  Die Koevoetlede lag uit hulle maag. Volgens inligting van die Koevoetbond was Koevoet vanaf 1979- 1989 verantwoordelik vir meer as 3681 van SWAPO PLAN ongevalle.
Tipies van die Koevoete is daar oorgenoeg te ete en drinke.
“Hoe het die drome van `n Koevoet Muur van Herinnering tot stand gekom?” vra ek aan Pine Pienaar, lid van die komitee. “Dis `n lang storie,” sê Pine. “Ek, Tony da Costa en Herbert Tietz het maar die ding lewendig gehou, van die eerste Koevoetbond gevou het. So drie jaar gelede het ons die Koevoetbond weer van die grond af gekry. Ons het doelwitte gestel, jy weet. Soos Eugene de Kock, om te kyk hoe ons kan bydra met wat hy nodig het, en vir wanneer hy uitkom. En soos nou, met Frank Young”.
Hy skep asem. “Jy weet, al die name van polisiemanne wat op die grens gesneuwel het, wat by die Polisiekollege op was, is mos verwyder. Toe het die hele idee van die Koevoet Muur van Herinnering `n werklikheid begin word. Paul Fouché is projekbestuurder vir die Muur”.




Dan is dit tyd om na die Tuin van Beelde te beweeg, daar waar die nuwe staanplek van die Koevoet gedenkteken sal wees. Die prosessie beweeg stadig met die klippaadjies langs, na `n ongebruikte stuk veld met `n lieflike uitsig na die noorde van Pretoria. Ook Sisingi Kamongo is daar, met Petrus wat sy rolstoel hanteer. Sonja Lombard, besturende direkteur van die Voortrekkermonument, loop voor.



`n Paar woorde word kortliks gewissel. Genl Dreyer neem die graaf op en druk hom flink in die harde bosveldgrond. Die grond is droog, stowwerig. Rondom hom  in `n halfsirkel staan sy manne. Ek verbeel my hulle net so staan, in `n tyd en in `n ander land, lank gelede. Sisingi (Shorty), Petrus, Absalom en Sakkie skuif nader aan mekaar en sing. Wamboranta oshirongo si, o Wamboranta wen je. Ek kyk na hulle oë. Die sang neem hulle na hulle grootwordplek, die plek waar hulle soldate en manne geword het. Elke oud-Koevoet teenwoordig loop vol met herinneringe.

Op pad terug wil ek met Shorty gesels.
“Nee, nie nou nie,” beduie hy met sy oë op Genl. Dreyer se rug. “Ek wil eers met die Generaal gesels.”
Genl. Dreyer en sy vrou gaan staan stil êrens op `n klippaadjie, soek in hulle sakke rond. Hy draai om en druk `n paar R100-note in Shorty se hand.
“Gaan drink julle manne iets hiermee,”sê hy. Die manne se oë blink. Hulle gesels met hulle Generaal.
Die terugtog na die onthaalsaal is plesierig, want daar is drinkgoed beskikbaar en nog van die vingerkos. Oral is die Afrikaner- en Trekkergeskiedenis sigbaar in die dekor van die sale – geroeste blikbekers en –borde, oorblyfsels van implemente wat nou as blombakke ingespan word.  
Buite drink die ouens Red Heart en Windhoek. Die atmosfeer raak gemoedelik, daar is ou en nuwe stories om te vertel. Die lewe het aangegaan. Ek kyk rond. Ouer, gryser, miskien nie meer so fiks nie. Maar binne-in: dáár bly hulle soldaat.
Gedeeltelik as gevolg van Shorty en Leon se boek, is daar hernieude belangstelling in die Koevoet broederskap, wat vlamvat in die sooispit geleentheid vandag. Beide Pine, Tony, Herbert en nou ook Paul offer geweldig baie van hulle persoonlike tyd op om die Bond te vestig en te bestuur tot voordeel van al die lede. Die bosoorlog is verby, maar die 
kameraadskap van oorlog bly in die bloed.

“It`s a little fucked up, ain`t it, Colonel Tom?”
“Yeah, it`s a little fucked up. But it`s the way we`re going to do this.”
Night Train, Martin Amis
(Aanhaling geleen uit Eugene de Kock se boek: A long night`s damage.)

Sunday, 6 May 2012

RAW REALITY






LOERIESFONTEIN POLISIESTASIE




KAPTEIN DUPIE


LOERIESFONTEIN SAP – HANTAM.
27 APRIL 2012
*Loeriesfontein polisiestasie.
.
....
“Die verste punt wat ons gebied strek, is so 130km hiervandaan,” se Dupie. Hy vat `n sluk Castle Light. 
“Het die plek `n naam?” vra ek.
Vyf van ons leun met ons elmboë op die toonbank van die Malalla Gastehuis se pub. Die kroeg strek in `n halfsirkel oor driekwart van die vertrek. Kaptein André du Plessis is lank en aantreklik, met oë so blou soos die Namakwalandlug op `n helder dag. Sutherlandse Afrikaans.
“Hoe lank is julle al in Loeriesfontein?” wil Lorinda weet.
“Sewentien jaar al,” antwoord Dupie. “Maar misdaad hier by ons lyk baie anders as in die stad.”
“Hoe so?”
“Hier het ons wat ons noem sosiale misdaad. Drankmisbruik is die grondoorsaak. Hier is gesinsgeweld, wat insluit aanranding, viktimisering en crimen injuria. Huisbraak is minimaal en gewoonlik gekoppel aan dwelm- en drankmisbruik.”
“En plaasmoorde?” vis ek uit.
Dupie lag lekker. “Nee wat,” se hy. “Veediefstalle hier is net vir `potslag`” (iets vir die pot). 


“Hulle noem my mos `Mevrou Kaptein` in die dorp”, lag Maryke. Sy skink ons glase hoogvol Baileys. “En ons het tot eenkeer `n `gifmoord` gehad. Stil Kallie. Hy het stragnien ingekry.”
“Nou hoeveel personeel het jy hier?” vra Larry.
“Ons is so 30 mense by die stasie. Dit sluit nou klerke, studente, alles in. In 1995 was ons maar tien mense. En nou moet jy weet, ons gebied beslaan 9060 vierkante kilometer.”
“Dupie-hulle het dag en nag gewerk,” tjip Maryke in. “En as polisieman is hy alles: dokter, sielkundige, onderwyser...hy is heeltyd involved in almal se lewens.”
“Die ding wat my eerste opgeval het, is hoe ontsettend netjies die stasie is,” merk Larry op en maak sy Hansa klaar.

Dupie glimlag. “Elke Vrydag het ons `cleaning day`.Die ouens wat Vrydag op diens is, trek civvies aan en elkeen het `n sekere gebied om skoon te maak – support, detectives en vispo. Jaaa...” Hy sug en kyk af. Ek het al baie snaakse dinge in hierdie dorp gesien. Mens kan nie oor alles praat nie.”

Waarvoor word die lesinglokaal nou gebruik?” kry ek `n laaste vraag in.
“FAMSA (Family and Marriage Association of South Africa), is saam met gemeenskapslede betrokke by die identifisering van probleemareas in ons dorp. Die gemeenskapslede word dan saam met polisiemanne opgelei deur FAMSA om betrokke te raak by opheffingsprojekte in Loeriesfontein. Dinge soos basiese menseregte, respek, jy weet, die klas van ding. “
Die blou oe is ernstig. “Ons wil `n verskil maak hier. Al is dit net aan een mens op `n slag. Ja, mens wil `n verskil maak.”

Wednesday, 4 April 2012

Roadtrip

Verby Slingerfontein Witput en Brandvlei
deur hotnotsnot en gousblom
verby die ouvroukind sonder taal
my bors ruk oop en span `n koepel
kantel in die aarde terug welbehaaglik
keer terug as dorper, gorra en kokerboom
die lug is puur jonggras
haar aorta klop afrika-afrika
kwesbaar soos `n vuis
upington olifantshoek rooisand en roadkill
in die mik van haar bene `n versamelnes
warm soos `n jong voëltjie
once upon a time was daar `n draadengel
en `n lug vol helder wolke
bikergirl hippie vroedvrou en hoer
vrugbaar soos `n plaasdam in die reëntyd
skaapwêreld weskusklong weer op pad
om die wêreld om haar vinger
te draai

Bodily speaking

1.    i long for colour laughing
juices from my fingertips
no feeble washes rather
the strong stubborn stroke
a bold cut over virgin
canvas the pigment
of desire is
within


2.    i long for the intimacy of
a slow indian summer
sun kissing skin
uninhibited courtyards
veiled afternoons
stained with doves


3.    footsteps like petals through
long cool passages
open doors
drowsy rooms speckled skin
pillows plump with sleep
a mirror
reminiscing 

E tempu pra voce ko me sa tu a vida: it is time to start his own chapter in life


Tears have a way of retreating and raining down the inside of your body, I soon discovered. Too soon. And now I`m not speaking of  the extreme type of tears, doused in trauma and blood, but the softer, shakier type, the ones you discover inside yourself upon having children.
He was born two weeks early. A mewling piglet, a red and blue baby dumpling suckling like a pro from the start.
And last night, twenty years on, he held a banquet for eighteen friends and loved ones. The room decked in red and white and silver candle holders. Smiles and cheers and love and music. A red headed boy working with his blonde sidekick to plate up ambrosia, the menu planned a week in advance and tested on family members.
My fork melts into the hare pie prepared so precisely. A bit of my heart starts leaking. The taste of beetroot coulis makes my palate bleed. Black and white chocolate mousse ice cream, cut into delicate wheels of delight, makes me choke on tears.  E tempu pra voce ko me sa tu a vida. The taste of my child is within.
 

Lorem

Categories

Some Links